Reeks oor Afrika-koninginne wil vroue bemagtig

Netflix begin vandag ‘n nuwe dokumentêre reeks oor Afrika se koninginne uitsaai. Die reeks, wat eksklusief deur Jada Pinkett Smith vervaardig is, het ten doel om verhale van vroulike leierskap in Afrika te laat herleef om jong, swart vroue te bemagtig. Die dokumentêr, wat uit twee seisoene bestaan, sal koningin Njinga van Ndongo en die lewe in Matamba in die 17de eeu uitbeeld. Sy het oor Angola regeer en Portugese setlaars beveg. Die reeks poog ook om dramatisering en feitelike vertellings deur historici te meng. Die program is geskryf deur die Keniaans-gebore storieverteller, Peres Owino, en die Britse diplomaat, NneNne Iwuji.