
Malema kry kritiek oor tienerswangerskappe - March 23, 2024
Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta kritiseer EFF-leier Julius Malema se onlangse verklaring waarin hy partylede aanmoedig om kinders te hê en verhoogde kindersteuntoelaes beloof. Makaneta waarsku, sulke retoriek, gemik op jongmense en tieners, kan tienerswangerskappe en seksueel oordraagbare siektes laat toeneem. Hy vra Malema om sy invloed positief te gebruik, en ernstig te dink oor […]
Franse verstom oor Macron se boks-mannewales - March 23, 2024
Foto’s van die Franse president Emmanuel Macron wat ‘n slaansak bykom, het die Franse vermaak, verstom én op sommige plekke, selfs konsternasie veroorsaak. Die swart-en-wit foto’s op Instagram wys hoe Macron oefen in ‘n styfpassende donker T-hemp en bokshandskoene. Op een foto kners die president op sy tande en in ‘n ander is hy die […]
Verstappen spring weer eerste weg - March 23, 2024
Oor na motorsport. Max Verstappen het dit weer reggekry. Die Formule een wêreldkampioen spring voor weg in môre se Australiese Grand Prix. Die Nederlander in sy Red Bull was die tweede vinnigste in die finale oefensessie, maar alles het in die kwalifiseringsrondes in plek geval en hy het vir die derde agtereenvolgende wedren dié seisoen, die […]
Passasiersbote woelig in Namport-hawens - March 23, 2024
Namport verwag meer as 32 passasiersvaartuie tussen nou en Desember. Die hawe-owerheid het homself goed bemark vir die bedryf en dit werp vrugte af. Dit bring ook ‘n hupstoot aan die kus se ekonomie. Uitvoerende hoof vir kommersiële dienste, Elias Mwenyo vertel van die nuwe bedrywighede in Namibiese hawens.
Winnie Mandela-inisiatief wil vroue landwyd help - March 23, 2024
In die buurland stig die Vroueliga van die ANCvandag die Winnie Mandela-vrywilligersliga in Khayelitsha, Kaapstad.. Die inisiatief eer die nalatenskap van die ontslape Madikizela-Mandela, en lig haar toewyding uit aan geregtigheid, gelykheid en bemagtiging van vroue. Die liga sê die bekendstelling beklemtoon sy vasberadenheid om Madikizela-Mandela se ideale landwyd te bevorder, en die rol van […]
Rusland en China veto Gaza-skietstilstand - March 23, 2024
Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het ‘n resolusie verwerp vir ‘n onmiddellike skietstilstand in Gaza en ‘n gyselaarsooreenkoms tussen Israel en Hamas. Rusland en China het die maatreël, wat Amerika voorgestel het, geveto. Die resolusie het gevra vir ‘n skietstilstand van ongeveer ses weke. Die raad stem vandag weer oor ‘n alternatiewe resolusie. Dit […]
Sabalenka skop goed af by Miami Ope - March 23, 2024
Tennis: Die wêreldnommer-twee, Aryna Sabalenka, het teruggekeer na die baan en Paula Badosa van Spanje gemaklik met 6-4, 6-3 geklop om deur te dring na die derde ronde van die Miami Ope, dae na die dood van haar voormalige kêrel, Konstantin Koltsov. Dit was n lang en moeilike week vir die 25-jarige Belarussiese speler, wat […]
Parlementslede woon Genève-beraad by - March 23, 2024
Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi sal ‘n afvaardiging van parlementslede na die Parlementêre Unie se vergadering in Genève, Switserland tot 27 Maart lei. Lede van die parlement sal na verwagting deelneem aan vergaderings van die unie se statutêre liggame, soos die beheerraad en staande komitees. George Sanzila, die hoofinligtingsbeampte by die […]
Waarskuwing oor meer cholera-gevalle - March 23, 2024
Die Wêreldgesondheidsorganisasie berig ‘n skerp toename in cholera-gevalle wêreldwyd. In 2022 was daar meer as twee keer soveel gevalle as in die vorige jaar, ‘n totaal van 473 000. Volgens Oshmed mediese tydskrif is meer entstof-dosisse tussen 2021 en 2023 aangevra as in die hele vorige dekade saam. Cholera word gewoonlik oorgedra deur besmette drinkwater, […]
Ou owerspel-wet dalk gou geskrap - March 23, 2024
’n Eeu-oue wet wat owerspel onwettig maak in die Amerikaanse deelstaat New York, kan uiteindelik herroep word. Die wet van 1907 het ‘n vonnis van tot drie maande tronkstraf opgelê. Na slegs ‘n paar weke was ‘n getroude man en ‘n 25-jarige vrou die eerste mense wat ingevolge die wet in hegtenis geneem is nadat […]