Rusland ontken inmenging in Turkse presidensiële verkiesing

Turkse President Tayyip Erdogan se grootste teenstander in die land se verkiesing, Kemal Kilicdaroglu het gesê sy party het bewyse dat Rusland verantwoordelik is vir ‘deepfake’ aanlyn inhoud in die aanloop tot die verkiesing. Die party het nie die Russiese ambassade in Turkye oor die kwessie genader nie en nie uitgebrei oor die aanlyn inhoud […]

Read More

Onseker toekoms vir Kaapstadse Stadsballet

Die voortslepende geskil tussen die raad van die Kaapstadse Stadsballet en sy hoofbestuurder, Debbie Turner, het die maatskappy in ‘n warboel gelaat. Turner het verlede maand bedank te midde van bewerings van swak finansiële administrasie. Die bemiddelingsproses word versuur deur uitdagings, wat 32 dansers onseker laat oor hulle toekoms. Die instelling bestaan reeds 89 jaar, […]

Read More

Verslag oor mens-dier-konflik met aanbevelings na kabinet gestuur

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het ter afsluiting van die nasionale konferensie oor mens-dier-konflik bevestig ‘n volledige verslag met aanbevelings sal voorberei word. Dit sal in die volgende twee weke aan die kabinet voorgelê word vir goedkeuring en aan die publiek beskikbaar gestel word. Van die aanbevelings sluit in dat selfoon-netwerke in landelike gebiede verbeter […]

Read More

Landbank stig fonds vir SA boere vir alternatiewe energie

Die Suid-Afrikaanse minister van elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa sê die Landbank het ‘n 2,5 miljard Suid-Afrikaanse rand fonds vir boere gestig vir beleggings in alternatiewe energie. Ramokgopa het ontwikkelings met die instelling van die Energie-aksieplan uiteengesit. Die fonds sal toelae- en leningbefondsing verskaf, met die toelae wat 30 tot 70 persent sal bedra. Hy sê die […]

Read More

VN: Soldate vermoor 500 in Mali

Die Verenigde Nasies se Menseregte-raad het ‘n verslag uitgereik oor menseregte-vergrype tydens ‘n vyf dag lange operasie in die dorp Moura in Mali in Maart verlede jaar. Soldate en ongeïdentifiseerde buitelandse mans het waarskynlik minstens 500 mense tereggestel, ander gemartel en minstens 58 vroue en meisies seksueel aangerand. Volgens die verslag het die soldate uit […]

Read More

Rugby: Stormers pak Connacht in VRK-halfeindstryd op tuisveld

Rugby: Kaapstad is in rep en roer oor vandag se Verenigde Rugbykampioenskaps-halfeindstryd tussen die verdedigende kampioen, die Stormers, en die Ierse span Connacht. Die tuisspan hoop meer as 50 000 ondersteuners sal opruk na die Kaapstad-stadion nadat 44 000 daar was om te sien hoe hulle die Bulle in verlede naweek se kwarteindstryd klop. Afskoptyd […]

Read More

Selfverklaarde profeet van Rundu bly in aanhouding

Die selfverklaarde ‘profeet’, die 32-jarige Jafet Johannes wat teregstaan op talle aanklagte van bedrog, is weer borgtog in die Rundu-landdroshof geweier. Sake is teen hom aanhangig gemaak deur verskeie lede van die publiek wat hy na bewering bedrieg het. Johannes het in 2020 na bewering een vrou bedrieg met meer as 280 000 Namibiese dollar […]

Read More

Goedkeuring van samesmelting van Takatso en SAL aanbeveel

Die Mededingingskommissie in die buurland het aanbeveel die Mededingings-tribunaal moet die voorgestelde samesmelting van Takatso Aviation en die Suid-Afrikaanse Lugdiens goedkeur, met onttrekking- en indiensnemingvoorwaardes. Die aanbeveling volg op die kommissie se ondersoek nadat die groot samesmeltings-plan in Junie verlede jaar voorgelê is. Die woordvoerder van die kommissie, Siyabulela Makunga, sê Takatso wil 51-persent van […]

Read More

Kremlin sê Putin wil bande met Afrika versterk

Die Kremlin sê President Vladimir Putin het ingestem om bande met President Cyril  Ramaphosa te versterk, nadat Amerika Pretoria beskuldig het van die verskaffing van wapens aan Rusland vir die oorlog in Oekraïne. ‘n Verklaring deur die Kremlin lui die leiers het die belangrikheid bevestig van die voortsetting van koördinasie voor die spitsberaad tussen Rusland […]

Read More

Rugby: Haaie en WP behaal Curriebeker-oorwinnings

Rugby:  ‘n Bonuspunt-drie laat in die wedstryd deur Dian Bleuler het die Haaie Vrydag in Mbombela ‘n 24-22-oorwinning in hulle Curriebekerstryd teen die Pumas besorg. Die Haaie het vroeg punte aangeteken, maar die Pumas het die oorhand gekry en dit tot laat in die wedstryd behou. Met die telling op 22-elk het die heelagter Nevaldo […]

Read More