Ontwikkelingsbank, Japan bespreek groen finansiering

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het samesprekings gevoer met die Japanse Bank vir Internasionale Samewerking, Nippon Uitvoer en Beleggingsversekering, NEXI, en Mizuho Finansiële Groep om geleenthede vir groen finansiering te ondersoek. Volgens die bank se uitvoerende hoof, John Steytler, het die samesprekings gesentreer rondom gebiede van groen industrialisasie, insluitend waterinfrastruktuur-ontwikkeling. Die samesprekings spruit uit ‘n memorandum van verstandhouding wat onderteken is tussen Japanse bank en die finansministerie by COP28 in Desember verlede jaar. Die ooreenkoms fokus op die finansiering van koolstof-vasvangsprojekte. Dit kom nadat Japan se handel en nywerheid-minister, Nishimura Yasutoshi, hom verlede jaar daartoe verbind het om 28 miljard Namibiese dollar in Namibië se mynbousektor te belê, onderhewig aan deelname van Japannese maatskappye.