VN: Soldate vermoor 500 in Mali

Die Verenigde Nasies se Menseregte-raad het ‘n verslag uitgereik oor menseregte-vergrype tydens ‘n vyf dag lange operasie in die dorp Moura in Mali in Maart verlede jaar. Soldate en ongeïdentifiseerde buitelandse mans het waarskynlik minstens 500 mense tereggestel, ander gemartel en minstens 58 vroue en meisies seksueel aangerand. Volgens die verslag het die soldate uit helikopters gesak en op vlugtende inwoners losgebrand, nog honderde daarna geskiet en in putte gegooi.  Westerse lande het hul kommer uitgespreek oor aktiwiteite van die Wagner private militêre groep van Rusland in Mali sedert 2021.