Verslag oor mens-dier-konflik met aanbevelings na kabinet gestuur

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het ter afsluiting van die nasionale konferensie oor mens-dier-konflik bevestig ‘n volledige verslag met aanbevelings sal voorberei word. Dit sal in die volgende twee weke aan die kabinet voorgelê word vir goedkeuring en aan die publiek beskikbaar gestel word. Van die aanbevelings sluit in dat selfoon-netwerke in landelike gebiede verbeter moet word om voorvalle van konflik vinnig aan te meld. Nasionale Parke soos Bwabwata waar gemeenskappe toegelaat word om in te woon, moet vry wees van onwettige menslike nedersettings, aangesien sodanige nedersettings ‘n negatiewe impak op wildbewegings kan hê en konflik kan veroorsaak. Veldbrande in nasionale parke moet bestuur en beheer word om nie die bewegings van wild te versteur nie.