Rugby: Stormers pak Connacht in VRK-halfeindstryd op tuisveld

Rugby: Kaapstad is in rep en roer oor vandag se Verenigde Rugbykampioenskaps-halfeindstryd tussen die verdedigende kampioen, die Stormers, en die Ierse span Connacht. Die tuisspan hoop meer as 50 000 ondersteuners sal opruk na die Kaapstad-stadion nadat 44 000 daar was om te sien hoe hulle die Bulle in verlede naweek se kwarteindstryd klop. Afskoptyd is vieruur, gevolg deur die tweede halfeindstryd tussen Leinster en Munster in Dublin.