Gee plaaslike owerhede mynbou-aandele, hoor regering

Die regering is by ‘n openbare bespreking aangeraai om plaaslike owerhede aandele in mynbou-ondernemings toe te staan. Unam-dosent Gurvy Kavei stel voor dat die land se mynbouprojekte gedeeltelik deur sentrale en streekregerings, plaaslike owerhede en tradisionele instellings besit moet word. Hy sê dit sal verseker dat die voordele van minerale hulpbronne meer effektief aan Namibiërs versprei word. Daar is kommer dat private eienaarskap dikwels te kort skiet om by te dra tot infrastruktuurontwikkeling en inkomstegroei. Die bespreking is aangebied deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië, EAN, in vennootskap met FNB Namibië en die Hanns Seidel-stigting Namibië.