Vrou vermoor na bewering suster met kombuismes

’n 27-jarige vrou van Karibib is in hegtenis geneem op aanklag van moord op haar 17-jarige suster. Die lyk van Raullinda !Gases is deur die polisie in die gang van hul huis ontdek. NamPol woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, sê !Gases se skool het haar ma gekontak omdat sy afwesig was. Die ma het na die huis gegaan waar haar dogter gebly het, maar dit was gesluit. Sy het die polisie gebel. Die lyk is gevind met ‘n steekwond aan die bors en ‘n kombuismes nog in haar liggaam. ’n Multifunksionele mes is ook naby die lyk gevind. Een van die slaapkamers was in wanorde, wat ‘n fisiese geveg suggereer. ’n Houer chemikalieë is ook in die kamer gevind. Die ondersoek duur voort.