Rugby: Haaie en WP behaal Curriebeker-oorwinnings

Rugby:  ‘n Bonuspunt-drie laat in die wedstryd deur Dian Bleuler het die Haaie Vrydag in Mbombela ‘n 24-22-oorwinning in hulle Curriebekerstryd teen die Pumas besorg. Die Haaie het vroeg punte aangeteken, maar die Pumas het die oorhand gekry en dit tot laat in die wedstryd behou. Met die telling op 22-elk het die heelagter Nevaldo Fleurs vir die Haaie die oorwinning ingepalm met sy verdoeling. Vroeër in Welkom, moes Westelike Provinsie vasbyt vir ‘n dramatiese 25-21 bonuspunt-oorwinning oor die Griffons. Die Stormers het vier drieë gedruk en die Griffons drie.