Rusland ontken inmenging in Turkse presidensiële verkiesing

Turkse President Tayyip Erdogan se grootste teenstander in die land se verkiesing, Kemal Kilicdaroglu het gesê sy party het bewyse dat Rusland verantwoordelik is vir ‘deepfake’ aanlyn inhoud in die aanloop tot die verkiesing. Die party het nie die Russiese ambassade in Turkye oor die kwessie genader nie en nie uitgebrei oor die aanlyn inhoud nie. Die Kremlin het in ‘n verklaring ontken dat  Rusland by die presidensiële verkiesing inmeng en bande met Turkye hoog op die prys stel. Die verkiesing vind môre plaas en volgens die meeste meningsopnames loop Kilicdaroglu voor.