Selfverklaarde profeet van Rundu bly in aanhouding

Die selfverklaarde ‘profeet’, die 32-jarige Jafet Johannes wat teregstaan op talle aanklagte van bedrog, is weer borgtog in die Rundu-landdroshof geweier. Sake is teen hom aanhangig gemaak deur verskeie lede van die publiek wat hy na bewering bedrieg het. Johannes het in 2020 na bewering een vrou bedrieg met meer as 280 000 Namibiese dollar deur haar te oortuig om in Trongrace kripto-geldeenheid te belê. Van die lede van die publiek wat by die hof opgedaag het, het plakkate vasgehou waarin hulle geëis het dat hy borgtog geweier word. Johannes bly in aanhouding omdat die hof vrees dat hy met polisie-ondersoeke kan inmeng en sy saak is tot 29 Mei vir borgtog-aansoek uitgestel. Hy word deur Kadhila Amoomo Regspraktisyns verteenwoordig.