Man United wen FA-Beker, Man City verbysterd

Sokker: Manchester United-bestuurder, Erik ten Hag, het bespiegeling oor sy toekoms eenkant gelaat toe sy span gisteraand op Wembley die FA Beker ingepalm het met ‘n verbysterende oorwinning van 2-1 teen die Premierligakampioene, Manchester City. Berigte verlede week was dat United se paaie met die Nederlander sou skei, ongeag die uitslag van die eindstryd. Sky News berig as dit waar is, het die United-spelers hom die beste moontlike vaarwel toegeroep met twee doele van Alejandreo Garnacho en Kobbie Mainoo in die eerste helfte, wat Pep Guardiola se span verbysterd gelaat het.