Goedkeuring van samesmelting van Takatso en SAL aanbeveel

Die Mededingingskommissie in die buurland het aanbeveel die Mededingings-tribunaal moet die voorgestelde samesmelting van Takatso Aviation en die Suid-Afrikaanse Lugdiens goedkeur, met onttrekking- en indiensnemingvoorwaardes. Die aanbeveling volg op die kommissie se ondersoek nadat die groot samesmeltings-plan in Junie verlede jaar voorgelê is. Die woordvoerder van die kommissie, Siyabulela Makunga, sê Takatso wil 51-persent van die uitgereikte aandelekapitaal van SAL van die regering verkry, soos verteenwoordig deur die departement van openbare ondernemings.