Kremlin sê Putin wil bande met Afrika versterk

Die Kremlin sê President Vladimir Putin het ingestem om bande met President Cyril  Ramaphosa te versterk, nadat Amerika Pretoria beskuldig het van die verskaffing van wapens aan Rusland vir die oorlog in Oekraïne. ‘n Verklaring deur die Kremlin lui die leiers het die belangrikheid bevestig van die voortsetting van koördinasie voor die spitsberaad tussen Rusland en Afrika in St. Petersburg in Julie, en die Brics- spitsberaad in Johannesburg in Augustus. Putin het aangedui Rusland is gereed om graan en kunsmis te verskaf aan Afrika-lande in nood, en steun na wat berig word ook Ramaphosa se idee om Afrika-leiers te betrek by besprekings oor ‘n vredesproses in Oekraïne.