Sudan se skietstilstand nie eerbiedig nie

Duisende burgerlikes het uit die Sudannese hoofstad, Khartoum, gevlug terwyl gevegte tussen die weermag en paramilitêre magte voortgaan. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevestig minstens 270 mense is dood en meer as 2 600 beseer sedert die gevegte verlede Saterdag uitgebreek het. Volgens berigte word hoofsaaklik bomme tans gebruik en daar word nie swaar lugaanvalle uitgevoer nie. Intussen oorweeg lande […]

Read More

Man-City vorder baie goed, speel in halfeindronde

 Manchester City het Bayern Munich met ‘n gekombineerde telling van 4-1 verslaan en kom nou teen die verdedigende kampioene, Real Madrid te staan in die halfeindronde. City, wat ‘n stewige 3-0 voorsprong na die eerste been gehad het, het effens gesukkel in Duitsland voordat Erling Haaland sy 48ste doel van die seisoen behaal het. Joshua Kimmich het in die 83ste minuut met ‘n strafdoel vir […]

Read More

ANC moet sê oor basiese inkomstetoelaag

Die GOOD Party doen ‘n beroep op die regering om planne en tydraamwerke aan te kondig vir die bekendstelling van ‘n basiese inkomste-toelaag. Dit volg nadat voedselpryse die afgelope jaar met gemiddeld 14 persent gestyg het. Die party se mediabestuurder, Janke Tolmay, sê President Cyril Ramaphosa het tydens sy staatsrede ‘n geleentheid laat verbygaan om voorkeur te gee aan armoedeverligting […]

Read More

Sterk dollar dwing Brent af

Oliepryse het vanoggend in Asiatiese-markte gedaal namate die Amerikaanse dollar versterk het op koersverhogingsverwagtinge en nadat onlangse ekonomiese data van die VSA en China nie genoeg gedoen het om verwagtinge aan te moedig dat die vraag na die kommoditeit sal verbeter nie. Brent verhandel op die oomblik het bo 79 Amerikaanse dollar per vat in daardie markte en het oor die afgelope 30 dae met amper 12,5 […]

Read More

Malaria: Publiek moet toelaat dat hul huise gespuit word

Na die reënval en die vloede wat sommige streke in die noorde van Namibië geraak het, is daar kommer dat daar moontlike uitbrekings van malaria in daardie streke kan wees. Die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku verduidelik dat dit onwaarskynlik is vir ‘n malaria-uitbreking omdat malaria normaalweg afkomstig is van waters wat lank gestaan het en nie vloeiende water […]

Read More

Eskom onderhandel nie eerlik oor salarisse nie

Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy veroordeel Eskom se bestuur omdat hulle op die eerste dag van die salarisonderhandelinge onprofessioneel was en vertragingstaktieke gebruik het. Die vakbond eis ‘n salarisverhoging van 15 persent. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Eskom se bestuur het hulle swak gedra deur nie geskrewe voorleggings in te dien nie en valslik te […]

Read More

Vetrapping dood 78 in Jemen

Minstens 78 mense is dood en meer as 100 beseer na ‘n stormloop tydens ‘n byeenkoms om finansiële hulp uit te deel in Sanaa, die hoofstad van Jemen. Volgens berigte het Houthi-veiligheidswagte skote in die lug afgevuur om die skare te beheer. Die skote het blykbaar ‘n elektriese draad getref wat ontplof het en die stormloop veroorsaak […]

Read More

Jongmense moet deel wees van die gesprek oor klimaat

Die klimaatsaktivis in Suid-Afrika Otsile Nkadimeng het ‘n beroep gedoen vir jongmense se insluiting in besluite oor klimaatsverandering. Hy vra die regering om seker te maak besluite wat geneem word laat nie die jeug met ‘n bleek toekoms nie. Nkadimeng het die jeug verteenwoordig op die Presidensiële Klimaatskommissie-gesprek oor Kragaanbevelings. Hy het die ANC-regering gestriem oor die trae vordering met klimaatsveranderings-besluite: 

Read More

Ekonoom sê daar’s ander opsies as om repokoers te verhoog

Die bekende Namibiese ekonoom Mally Likukela van Twilight Capital sê die verhoging van rentekoerse is nie die enigste opsie om inflasie te beteuel nie. Die sentrale bank het die repokoers met 25 basispunte opgestoot. Likukela sê die Bank van Namibië het ‘n monetêre beleid wat onderdanig is aan Suid-Afrika en die idee dat hoër rentekoerse inflasie kan beheer is plaaslik gebrekkig. Hy sê die regering behoort te […]

Read More

Korrupsie in landbou kelder groei in SA

Farmers United South Africa sê korrupsie in die landboubedryf belemmer groei in die sektor en skaad boere. Die liggaam se president, Ronnie McKenzie, sê grond word aan onbevoegde mense gegee terwyl boere oor die hoof gesien word. Hy sê grond is aan baie mense gegee, maar korrupsie staan in die middel daarvan. McKenzie sê mense wat nie in […]

Read More