Vetrapping dood 78 in Jemen

Minstens 78 mense is dood en meer as 100 beseer na ‘n stormloop tydens ‘n byeenkoms om finansiële hulp uit te deel in Sanaa, die hoofstad van Jemen. Volgens berigte het Houthi-veiligheidswagte skote in die lug afgevuur om die skare te beheer. Die skote het blykbaar ‘n elektriese draad getref wat ontplof het en die stormloop veroorsaak het. Houthi-rebelle beheer die stad sedert hulle die regering in 2015 omver gewerp het. Die ministerie van Binnelandse Sake sê dié wat vir die verspreiding verantwoordelik is, is in aanhouding en ‘n ondersoek is aan die gang.