Malaria: Publiek moet toelaat dat hul huise gespuit word

Na die reënval en die vloede wat sommige streke in die noorde van Namibië geraak het, is daar kommer dat daar moontlike uitbrekings van malaria in daardie streke kan wees. Die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku verduidelik dat dit onwaarskynlik is vir ‘n malaria-uitbreking omdat malaria normaalweg afkomstig is van waters wat lank gestaan het en nie vloeiende water soos dié van die efundja nie. Hy maan egter dat daar steeds voldoen moet word aan die algemene malaria-voorkomingsmaatreëls. Hy voeg by dat mense moet toelaat dat hul huise deur die gesondheidsministerie gespuit word soos nog altyd die norm was…