Sudan se skietstilstand nie eerbiedig nie

Duisende burgerlikes het uit die Sudannese hoofstad, Khartoum, gevlug terwyl gevegte tussen die weermag en paramilitêre magte voortgaan. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevestig minstens 270 mense is dood en meer as 2 600 beseer sedert die gevegte verlede Saterdag uitgebreek het. Volgens berigte word hoofsaaklik bomme tans gebruik en daar word nie swaar lugaanvalle uitgevoer nie. Intussen oorweeg lande soos Duitsland, Japan en Tanzanië tans maniere om hulle burgers so gou as moontlik uit Sudan te kry.