Korrupsie in landbou kelder groei in SA

Farmers United South Africa sê korrupsie in die landboubedryf belemmer groei in die sektor en skaad boere. Die liggaam se president, Ronnie McKenzie, sê grond word aan onbevoegde mense gegee terwyl boere oor die hoof gesien word. Hy sê grond is aan baie mense gegee, maar korrupsie staan in die middel daarvan. McKenzie sê mense wat nie in staat is om die grond volhoudend te gebruik nie, kry voorkeur, wat weer die landbou-ekonomie raak: