Eskom onderhandel nie eerlik oor salarisse nie

Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy veroordeel Eskom se bestuur omdat hulle op die eerste dag van die salarisonderhandelinge onprofessioneel was en vertragingstaktieke gebruik het. Die vakbond eis ‘n salarisverhoging van 15 persent. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Eskom se bestuur het hulle swak gedra deur nie geskrewe voorleggings in te dien nie en valslik te beweer die meeste van die vakbond se eise moenie in die onderhandelingsforum gelug word nie: