Sterk dollar dwing Brent af

Oliepryse het vanoggend in Asiatiese-markte gedaal namate die Amerikaanse dollar versterk het op koersverhogingsverwagtinge en nadat onlangse ekonomiese data van die VSA en China nie genoeg gedoen het om verwagtinge aan te moedig dat die vraag na die kommoditeit sal verbeter nie. Brent verhandel op die oomblik het bo 79 Amerikaanse dollar per vat in daardie markte en het oor die afgelope 30 dae met amper 12,5 persent gedaal. Sommige ekonome meen Brent kan onder 80 dollar bly sou die Amerikaanse dollar verder versterk. Op die  oomblik kos ‘n Amerikaanse dollar meer as 18,20. Hoe sterker die geldeenheid hoe minder die vraag na olie omdat dit in die geldeenheid verhandel word.