Kenners bekommerd oor energiedrankies

Kenners is bekommerd oor die potensiële gesondheidsrisiko’s verbonde aan energiedrankies, wat dikwels baie kafeïen en suiker of kunsmatige versoeters bevat. Dit volg nadat Prime, ‘n nuwe energie- en hidrasiedrankie, reuse-gewildheid verwerf het. ‘n Dieetkundige, Katy Begg, sê hoewel Prime min kalorieë bevat en geen bygevoegde suiker in het nie, bevat dit 200 milligram kafeïen. Dit […]

Read More

Banke eis eiendomskuld van sowat N$15 miljoen

Kommersiële banke het slegs 13 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Dit was ‘n baie klein hofrol met regters Kobus Miller en Ramon Maasdorp wat slegs 45 aansoeke hanteer het met net twee reël 108-aansoeke op die rol. Daar is sewe eiendomslenings ter waarde van sowat 14,49 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar […]

Read More

Natuurbewaarders dankbaar vir opgegradeerde parke

Vir natuurbewaarders in die Namibiese omgewingsministerie beteken die opgradering van hul behuising waardering vir hul harde en onbaatsugtige werk. Die ministerie in samewerking met die Duitse regering en KfW het infrastruktuur van vier parkstasies in die kusparke in die Dorob- en Skedelkus Nasionale Parke ter waarde van meer as 132,4 miljoen Namibiese dollar opgradeer. Die […]

Read More

Ramaphosa ontplooi 900 soldate by Eskom-aanlegte

President Cyril Ramaphosa het die Speaker van die Nasionale Vergadering in kennis gestel dat hy besluit het om 900 soldate te ontplooi om die polisie by te staan om Eskom-aanlegte te beskerm. Ramaphosa sê die ontplooiing is vir ses maande geldig en sal in Oktober ten einde loop. Die koste van die ontplooiing is 146 […]

Read More

Henk Botha voltooi IOK-atletiekkursus  

Namibiese atletiek-afrigter Henk Botha het ‘n internasionale verrykingskursus in afrigting voltooi en sy diploma van die Internasionale Olimpiese Komitee se hoofkwartier in Lausanne, Switserland, ontvang. Die kursus is om afrigters op nasionale vlak te help met die ontwikkeling van vaardigheid op die gebied van sportwetenskappe, talent-identifisering, afrigtings-onderrig, bestuur, atleet-ontwikkeling, veilige sportbeginsels en -ontwikkeling op voetsoolvlak. […]

Read More

VF Plus: Komitee moet toesig oor elektrisiteitsminister hou  

Die Vryheidsfront Plus sê ʼn ad hoc-komitee om toesig te hou oor die werk van die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, is noodsaaklik. Volgens die party het elke kabinetspos ʼn portefeuljekomitee om aanspreeklikheid te verseker, maar daar is tans geen oorsig-komitee vir elektrisiteit nie. ʼn Woordvoerder van die VF Plus, Wynand Boshoff, sê twee termyne […]

Read More

Niemand beseer in ligte vliegtuigongeluk by Suid-lodge

Kaptein Magnus Abraham, hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die ministerie van werke en vervoer het bevestig dat skade aan ‘n vliegtuig aangerig is tydens ‘n landing by die Lapa Lange Lodge, oos van Mariental. Volgens Abraham is inligting nog skraps, maar niemand is in die voorval beseer nie. Hy het met Kosmos 94.1 […]

Read More

Bekende sakeman van Otji in hospitaal met brandwonde

Die bekende sakeman van Otjiwarongo, Theo Borstlap, eienaar van SuperSpar, is in ‘n kritieke toestand met 60 persent brandwonde in die intensiewesorgeenheid van die Lady Pohamba Privaathospitaal in Windhoek. Sy skoonseun, die bekende Namibiese fietsryer, Jacques Celliers het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het Donderdag petrol in ‘n miershoop ingegooi. Die miershoop het krake […]

Read More

ATM-lid verlaat party vir EFF

Die African Transformation Movement het sy voormalige nasionale uitvoerende lid, Mzwanele Manyi, se bedankingsbrief aanvaar. Hy verlaat die party om hom by die EFF aan te sluit. Die  woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting het die nuus vandag op Twitter gedeel. Hy sê hy sluit hom by die EFF aan om ‘n bydrae te lewer om […]

Read More

Aardbewing tref Ishikawa in Japan

‘n Aardbewing met ‘n seismiese meting van 6,5 op die Richterskaal het Ishikawa in Japan getref. Volgens berigte is ‘n onbekende aantal mense beseer, en verskeie geboue het na die skudding ineengestort. Die Japanse weerdiens het gewaarsku dat verskeie naskokke verwag word. Die regering sê ‘n voorlopige ondersoek toon dat ‘n kernkrag-aanleg in die gebied, […]

Read More