VF Plus: Komitee moet toesig oor elektrisiteitsminister hou  

Die Vryheidsfront Plus sê ʼn ad hoc-komitee om toesig te hou oor die werk van die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, is noodsaaklik. Volgens die party het elke kabinetspos ʼn portefeuljekomitee om aanspreeklikheid te verseker, maar daar is tans geen oorsig-komitee vir elektrisiteit nie. ʼn Woordvoerder van die VF Plus, Wynand Boshoff, sê twee termyne is vir die ministerie voorgehou, maar mag deur die verkiesing in 2024 onderbreek word, wat dan ook die einde van die ad hoc-komitee sal beteken.