ATM-lid verlaat party vir EFF

Die African Transformation Movement het sy voormalige nasionale uitvoerende lid, Mzwanele Manyi, se bedankingsbrief aanvaar. Hy verlaat die party om hom by die EFF aan te sluit. Die  woordvoerder van die Jacob Zuma-stigting het die nuus vandag op Twitter gedeel. Hy sê hy sluit hom by die EFF aan om ‘n bydrae te lewer om Suid-Afrika te bevry van neo-kolonialisme, ongebreidelde korrupsie, en om die land uit die dreigende mislukte staatsituasie te red. Die woordvoerder van ATM, Zama Ntshona, wens Manyi alle sterkte toe met sy toekomsplanne.