Banke eis eiendomskuld van sowat N$15 miljoen

Kommersiële banke het slegs 13 aansoeke om verstekvonnisse vanoggend in die mosiehof gebring. Dit was ‘n baie klein hofrol met regters Kobus Miller en Ramon Maasdorp wat slegs 45 aansoeke hanteer het met net twee reël 108-aansoeke op die rol. Daar is sewe eiendomslenings ter waarde van sowat 14,49 miljoen Namibiese dollar wat nou betaalbaar is, met ses lenings waarop 1,03 miljoen dollar geskuld word. Geen voertuie moet terugbesorg word nie. In Maandag se sessie sal regter Collins Parker 88 onverdedigde egskeidings hanteer.