Henk Botha voltooi IOK-atletiekkursus  

Namibiese atletiek-afrigter Henk Botha het ‘n internasionale verrykingskursus in afrigting voltooi en sy diploma van die Internasionale Olimpiese Komitee se hoofkwartier in Lausanne, Switserland, ontvang. Die kursus is om afrigters op nasionale vlak te help met die ontwikkeling van vaardigheid op die gebied van sportwetenskappe, talent-identifisering, afrigtings-onderrig, bestuur, atleet-ontwikkeling, veilige sportbeginsels en -ontwikkeling op voetsoolvlak. Botha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is bly om die kwalifikasie te verwerf aangesien dit lewens-veranderend is vir hom en die atlete saam met wie hy werk.