Ramaphosa ontplooi 900 soldate by Eskom-aanlegte

President Cyril Ramaphosa het die Speaker van die Nasionale Vergadering in kennis gestel dat hy besluit het om 900 soldate te ontplooi om die polisie by te staan om Eskom-aanlegte te beskerm. Ramaphosa sê die ontplooiing is vir ses maande geldig en sal in Oktober ten einde loop. Die koste van die ontplooiing is 146 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die vorige ontplooiing van 2700 soldate vir dieselfde doel het op 17 April geëindig. Die President moet ingevolge die Grondwet die parlement inlig as hy die weermag ontplooi.