Aardbewing tref Ishikawa in Japan

‘n Aardbewing met ‘n seismiese meting van 6,5 op die Richterskaal het Ishikawa in Japan getref. Volgens berigte is ‘n onbekende aantal mense beseer, en verskeie geboue het na die skudding ineengestort. Die Japanse weerdiens het gewaarsku dat verskeie naskokke verwag word. Die regering sê ‘n voorlopige ondersoek toon dat ‘n kernkrag-aanleg in die gebied, geen skade opgedoen het nie.