Kapenaars kan nou hul watermeters monitor

Die Stad Kaapstad sê die Watermeter-vervangingsprogram ter waarde van 108 miljoen Suid-Afrikaanse rand is op dreef om te help verseker inwoners het toestelle wat akkurate lesings en rekenings verskaf. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê dit is ook belangrik vir inwoners om meters te hê om die waterverbruik op hulle […]

Read More

Gasvryheidsvereniging spreek vaardigheidstekort aan

Die Namibiese toerisme-sektor is besig om ten volle herstel na die verwoestende impak van die Covid-pandemie. Statistieke toon dat die reis- en gasvryheidsektor teen die einde van 2022 tot meer as 80 persent van normaal herstel het en alle aanduidings is dat dit vanjaar volle herstel kan bereik. Die grootste uitdaging wat die internasionale en […]

Read More

Wes-Kaap belê in padinfrastruktuur

Die LUR vir infrastruktuur in die Wes-Kaap, Tertuis Simmers, sê belegging in padinfrastruktuur verseker ‘n verbeterde lewering en instandhouding van paaie om die provinsiale ekonomie te steun. Die departement het 136,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand belê in die herseël, rehabilitasie en bykomende werk aan die R326 tussen Stanford en Riviersonderend in die Overberg distriksmunisipaliteit. Simmers sê […]

Read More

Moody’s: VSA kan nie sy skuldverpligtinge nakom

Beide die kredietgraderings-agentskap Moody’s, sowel as die Amerikaanse minister van finansies Janet Yellen sê die VSA kan moontlik nie sy skuldverpligtinge teen 8 Junie nakom nie, sou die Kongres nie die skuldperk voor dan aanspreek nie. Die kwessie is partydig met die Republikeine wat die Huis beheer. Sou die VSA skuldig wees aan wanbetaling, kan […]

Read More

Rugby: Stormers het sterk span teen Bulle

Rugby: Die Stormers is versterk met die terugkeer van flank, Deon Fourie, en vleuel, Leolin Zas, vir die kwarteindstryd môre in die Verenigde Rugby-kampioenskap teen die Bulle in Kaapstad. Ruhan Nel, Angelo Davids, Herschel Jantjies, Joseph Dweba en Frans Malherbe is ook terug in die beginspan. Die enigste nuwe gesigte onder die plaasvervangers is die […]

Read More

Olie wipplank maar sal laer vertoon as gevolg van resessie-vrese meen ekonoom

‘n Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart het gereageer op die daling in die Brent ru-olieprys na 74 Amerikaanse dollar ‘n vat, na die kommoditeit ‘n laagtepunt van 71 dollar Donderdag bereik het. Dit blyk asof olie eenvoudig nie uit die blokke wil kom nie oor voortslepende kommer oor resessies en die vraag na die kommoditeit. Die […]

Read More

Kaapse boere dagvaar Didiza oor huurooreenkomste

Drie boere en grondhervormings-begunstigdes van Beaufort-Wes het regstappe ingestel teen die landbouminister, Thoko Didiza. Hulle wil Didiza verplig om ‘n huurooreenkoms te verskaf en ‘n duidelike wettige raamwerk vir grondherverdelingsprogramme in plek te stel. Die boere het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader nadat hulle drie jaar op hul huurooreenkomste gewag het. Landbougrond is in 2009 aan […]

Read More

Trump se strafsaak eers in Februarie of Maart volgende jaar

Die regter van New York wat Donald Trump se strafsaak aanhoor, het die partye gevra om op ‘n spesifieke verhoordatum vir Februarie of Maart volgende jaar ooreen te kom. Die instruksie beteken die geskiedkundige verhoor oor stilte-geld wat aan ‘n pornoster betaal is, sal plaasvind tydens die Republikeinse voorverkiesings vir die 2024 presidensiële wedloop waarin Trump […]

Read More

Red Bull se Perez beloof opdraandstryd in Miami die naweek

Formule Een is die naweek in die VSA vir die Grand Prix in Miami . Ná vier wedrenne hierdie seisoen is dit steeds net Red Bull wat die kollig steel, met twee oorwinnings elk vir die spanmaats Sergio Perez en Max Verstappen. Die verdedigende kampioen, Verstappen, is boaan die punteleer, maar Perez beplan om die […]

Read More

Kenner sê oor Bitcoin se prestasie vanjaar

Bitcoin en ander kripto-markte het hoër geklim namate beleggers gereageer het op die jongste tekens van druk in die Amerikaanse banksektor en die Federale Reserweraad se monetêre beleidsbesluit. Amerikaanse rentekoerse is met 25 basispunte na 5,25 persent verhoog. Die stap volg te midde van voortdurende weerloosheid in die banksektor wat deels deur hoër rentekoerse veroorsaak […]

Read More