Niemand beseer in ligte vliegtuigongeluk by Suid-lodge

Kaptein Magnus Abraham, hoof van die direktoraat van vliegtuigongeluk-ondersoeke in die ministerie van werke en vervoer het bevestig dat skade aan ‘n vliegtuig aangerig is tydens ‘n landing by die Lapa Lange Lodge, oos van Mariental. Volgens Abraham is inligting nog skraps, maar niemand is in die voorval beseer nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.