Natuurbewaarders dankbaar vir opgegradeerde parke

Vir natuurbewaarders in die Namibiese omgewingsministerie beteken die opgradering van hul behuising waardering vir hul harde en onbaatsugtige werk. Die ministerie in samewerking met die Duitse regering en KfW het infrastruktuur van vier parkstasies in die kusparke in die Dorob- en Skedelkus Nasionale Parke ter waarde van meer as 132,4 miljoen Namibiese dollar opgradeer. Die vier parkstasies is die Kaapkruis-natuurreservaat, Ugabmund, Möwebaai en Springbokwasser. Kosmos 94.1 Nuus het met een van die langs dienende natuurbewaarders gestasioneer by Möwebaai, Bernard Awob, gepraat.