Twaalf-jarige meisie swanger na verkragting

‘n Vermeende kinderverkragter sal vandeesweek in die Ondangwa-landdroshof verskyn nadat hy glo ‘n 12-jarige meisie swanger gemaak het. Na bewering bly die 21-jarige man in dieselfde huis as die meisie in Okashana Kiitembu-nedersetting. Die meisie is glo deur die verdagte gedreig om stil te bly oor die verkragting. Eers nadat sy begin siek voel en […]

Read More

Man met twee lewende ietermagôs vasgetrek

‘n Vermeende ietermagô-smokkelaar sal in die Okakarara-landdroshof in verband met die onwettige besit van beheerde wildprodukte verskyn. Die 49-jarige man is by Okamatapati in hegtenis geneem nadat hy na bewering twee lewende ietermagôs aan geheime polisiebeamptes probeer verkoop het. Die Namibiese polisie het ‘n intelligensie-gedrewe operasie op ‘n gedeelte van die pad tussen Okamatapati en Okondjatu […]

Read More

Stad Kaapstad bestee R293 miljoen aan kragopwekkers en diesel

Die Stad Kaapstad het reeds vanjaar 293 miljoen Suid-Afrikaanse rand spandeer om kragopwekkers en diesel aan te koop om so voor te berei vir die moontlikheid dat die land se kragnetwerk ineenstort. Burgemeester Geordin Hill-Lewis, sê die elektrisiteits-netwerk is tans uiters onstabiel en hy is bekommerd oor die onsekerheid wat die huidige situasie meebring. Fritz […]

Read More

Wêreld-hoëbloeddruk-dag vandag herdenk

Namibië en sy buurland Suid-Afrika herdenk vandag Wêreld-hoë-bloeddrukdag en vestig die aandag op toenemende kommer oor hoë bloeddruk. Onlangse statistieke toon meer jong mense word met hierdie toestand gediagnoseer. Volgens ‘n spesialis, Angela Murphy, bestaan ‘n groter risiko onder jonger mense weens lewenstylveranderings. Murphy het die belangrikheid van vroeë opsporing beklemtoon, aangesien hoë bloeddruk ‘n […]

Read More

Voertuigspore berokken reuse-skade aan biodiversiteit

Die Namibiese omgewingsministerie veroordeel ten sterkste die roekelose bestuur in sensitiewe gebiede in Namibiese nasionale parke. Voertuigspore berokken reuse-skade aan woestyngebiede in nasionale parke. Op sosiale media is foto’s geplaas van sirkels van motorfiets-spore en volgens die ministerie het die voorval plaasgevind by Sossusvlei waar die foto’s deur ‘n vlieënier geneem is. Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Suid-Afrika gaan goudsindikaat-mafia ondersoek

Die Suid-Afrikaanse regering het met ʼn ondersoek begin nadat Al Jazeera se Ondersoek-eenheid verskeie persone betrek het by ʼn sindikaat wat goud smokkel en geld was. President Cyril Ramaphosa het die parlement meegedeel die ondersoek is in die onderhoud-stadium. Al Jazeera het in ‘n vierledige reeks onthul ‘n groep geldwassers en goudsmokkelaars het verskeie Suid-Afrikaanse […]

Read More

NS-polisie ondersoek brand by hostel as moordsaak

Die polisie in Nieu-Seeland sê Dinsdag se brand by ‘n hostel in die hoofstad, Wellington, word as ‘n saak van moord ondersoek. Minstens ses mense is in die brand in die Loafers Lodge dood en tot 20 mense word nog vermis. Die dodetal kon weens die skade aan die vier verdieping gebou, nog nie bevestig […]

Read More

Paparazzi jaag vir Prins Harry, Meghan en haar ma vir twee ure

Prins Harry, Meghan en haar ma was betrokke by ‘n byna katastrofiese motor-jaagtog waarby paparazzi betrokke was, het ‘n woordvoerder van die prins gesê. Die voorval het gebeur nadat die hertog en hertogin van Sussex Dinsdag ‘n toekenning-seremonie in New York bygewoon het. In ‘n verklaring het die prins se woordvoerder gesê die agtervolging van […]

Read More

Natis op Ondangwa haal agterstand van leerlinglisensies in  

Die Paaie-owerheid het leerlinglisensie-besprekings by hul Natis-kantoor op Ondangwa tydelik opgeskort. Korporatiewe kommunikasiebeampte Constance Mwilima sê dat dit gedoen word om die huidige agterstand aan te spreek. Dit tree onmiddellik in werking en sal tot Vrydag 26 Mei duur. Sy sê gedurende die tydperk sal die kantoor voortgaan met leerlinglisensie-toetse vir diegene met bestaande besprekings. […]

Read More

Loteryraad gaan prokureurs oor lootjie-projek raadpleeg

Die voorsitter van die Loteryraad in die Namibiese omgewingsministerie Michael Mutonga het in ‘n media verklaring weer beklemtoon dat die sogenaamde Multi-million Online Real Estate Lottery, die Namibia Property Raffle-projek van Basil Smit nie deur hom goedgekeur is nie en dus ‘n onwettige lootjie is. Die program behels Amani Lodge en Burgs View Boutique Hotel […]

Read More