Kenners bekommerd oor energiedrankies

Kenners is bekommerd oor die potensiële gesondheidsrisiko’s verbonde aan energiedrankies, wat dikwels baie kafeïen en suiker of kunsmatige versoeters bevat. Dit volg nadat Prime, ‘n nuwe energie- en hidrasiedrankie, reuse-gewildheid verwerf het. ‘n Dieetkundige, Katy Begg, sê hoewel Prime min kalorieë bevat en geen bygevoegde suiker in het nie, bevat dit 200 milligram kafeïen. Dit is gelykstaande aan twee tot drie koppies koffie, daarom is dit belangrik vir verbruikers om bedag te wees op hul kafeïen-inname.