Oud-minister ondersteun WGO pandemie-verdag

Die pandemie-verdrag van die Wêreldgesondheidsorganisasie bly in die nuus. Die organisasie het ‘n sperdatum gestel vir Mei vanjaar vir alle onderhandelinge oor die verdrag wat na verwagting by die 77ste Wêreldgesondheidsvergadering in Genève eindig. Daar is wyd teenkanting teen die voorgestelde verdrag, om ‘n verskeidenheid redes. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die voormalige gesondheidminister dr. Bernard Haufiku, om sy mening te kry.

Haufiku voeg by die verdrag sal verseker dat alle lande, ryk of arm, entstowwe sal kry wanneer pandemies tref.