Apies val dood uit die bome uit in Mexiko

Minstens 83 brulape is vrek aangetref in die Golfkusstaat Tabasco, terwyl ander deur inwoners gered en na ‘n plaaslike veearts gejaag is. Mantel-brulape is bekend vir hulle brulgeluide en word as kwesbaar beskryf op die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur se rooilys. Die primate het gevrek te midde van ‘n droogte en baie hoë temperature. Die Omgewingsministerie van Meksiko gee verskeie redes vir die vrektes, waaronder sonsteek, ontwatering, wanvoeding en giftige landbou-chemikalië op landerye.