Swakop sê oor lewensredding diens

Die Swakopmund munisipaliteit het al geruime tyd geen voltydse lewensredders op die dorp se strande nie. Daar is tans geen reddingsdienste by die see nie, wat kommerwekkend is veral tydens skoolvakansies. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Linda Mupupa, die munisipaliteit se woordvoerder, wat die situasie verduidelik.

Daar blyk om goeie nuus te wees. Die munisipaliteit is op soek na maatskappye om reddingsdienste te lewer.