Twee toeriste dood in gru-busongeluk

Twee toeriste is dood in Woensdag se busongeluk op die Kuiseb-pas. Volgens wat berig word het twee Sense of Africa-busse, van voor op die C14 gebots met een wat op sy sy geval het. ‘n Dubbelkajuit-bakkie en ander kleiner toeris-bus het gekeer dat die bus nie by die rand van die pas af val nie. Meeste beserings het in daardie bus plaasgevind. Daar word beheer dat die een bus se remme op ‘n haarnaald-draai ingegee het en daarom die botsing. Die Erongo-polisie moet nog amptelik ‘n verslag uitreik maar ongeveer 50 mense is beseer.