Bibi sê studente wat protesteer is anti-Semitiese gepeupel

Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê betogings by groot Amerikaanse universiteite teen die oorlog in Gaza moet stop. Die betogers eis dat die Amerikaanse regering ophou om militêre hulp aan Israel te stuur. Sommige studente eis ook dat universiteite ophou om in wapenvervaardigers te belê en sê hulle trek voordeel uit Israel se militêre optrede in Gaza en die besetting van Palestynse grond. Netanyahu beskryf die betogers as anti-Semitiese gepeupel:

Die betogings was vreedsaam en het Joodse studente ingesluit.