Chris Hemsworth kry Hollywood-ster

Die ster van Avengers en Thor, Chris Hemsworth het sy ster in die Hollywood Walk of Fame ontvang. Die Australiër is die 2 781ste persoon om ‘n ster te ontvang. Van die ses Marvel and Global Avengers franchise-rolprente, is Avengers: Endgame steeds een van die grootste lokettreffers. Sy Avengers mede-ster, Robert Downey Junior het hom beskryf as ‘n insigvolle, briljante en merkwaardige persoon. Hemsworth sê om ‘n ster te ontvang is ‘n droom wat waar geword het: