Nudo-presidentskap: Ester wil nie, en Joseph sê nee vir Barry

Die National Unity Democratic Organisation of Nudo se president, dr. Ester Muinjangue, het tydens ‘n perskonferensie in Windhoek bevestig dat sy nie vir herverkiesing as partypresident sal staan tydens die party se kongres in Julie nie. Muinjangue sê sy sal egter ‘n toegewyde lid van die party bly. Sy het haar visepresident, Peter Kazongomuinja, onderskryf om as partypresident by die party-kongres te staan. Die kongres is geskeduleer vir 12 tot 13 Julie.

Daar is ook ‘n stryery tussen Joseph Kauandengo en Barry Rukoro. Albei wil staan vir die party se presidentskap maar Kauandengo sê Rukoro is nie ‘n partylid nie.