Nadal sal net by Roland Garros deelneem as hy kan speel

Die Veertien-malige Franse Ope-kampioen Rafael Nadal sê hy sal slégs by Roland Garros deelneem as hy volle vertroue het in sy vermoë om goéd mee te ding. Die Spanjaard, wat op drie Junie sy 38ste verjaardag in Parys sal vier, sukkel al meer as ‘n jaar met beserings. Hy sê as die kleibaan Grand Slam-toernooi vandag sou afskop, sou hy nie kon deelneem nie, maar hy hoop steeds om darem nog één keer daar te speel. Die toernooi begin op die 26 Mei.