Kommissie moet sy huis in orde kry vir registrasie

Die net meer as twee maande om alle Namibiese kiesers te herregistreer maak kenners bekommerd. Tussen 1,2 en 1,5 miljoen Namibiërs landswyd moet tussen 3 Junie en 1 Augustus nuwe kieserskaarte kry, en histories gesproke gaan dit moeilik wees om te vermag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die IPC-party se nasionale voorsitter, Brian Black…

Read More

Mali en Burkina se hitte is mensegemaak

‘n Studie deur die World Weather Attribution-groep het aan die lig gebring mens-gedrewe klimaatsverandering het temperature in Mali en Burkina Faso laat styg, met dagtemperature wat tot 1,5-grade Celsius warmer is en snags 2 grade Celsius meer. Navorsers waarsku oor die dodelike gevolge en sê sulke hittegolwe kan meer gereeld voorkom namate globale temperature styg. […]

Read More

Haaie skop VRK-naweek vanaand af

Die Haaie en die Glasgow Warriors skop vanaand die naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-aksie af in Skotland. Môre kom die Leeus teen Jacques Nienaber se Leinster-span te staan op Ellispark, en die Bulle pak Munster op Loftus. Die Stormers en die Ospreys sal in Kaapstad teen mekaar uitdraf. Leinster is tans bo-aan die punteleer met elf […]

Read More

Versigtig, dis paartyd vir pofadders en mambas

Inwoners in Walvisbaai rapporteer ‘n toename in pofadders in en om geboue op die dorp. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by slangkenner Francois Theart wat verduidelik dat dit nie hibernasie-gedrag nie, maar eerder paar-seisoen, ook vir swart mambas.

Read More

Mosiehof: 70 sake deur banke eis N$77m

Daar was 130 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan 24 op die reël 108 rol was. Regters Eileen Rakow en Collins Parker het die sessies hanteer. Kommersiële banke het 70 aansoeke gebring waaronder twee voertuie terugbesorg moet word. Daar is ook 42 eiendomme met ‘n skuldlas van 62 miljoen dollar was opgeëis is. […]

Read More

Shark Island: Namport en erfenis…

Die firma Forensis and Forensic Architecture het hul jongste ondersoek na Duitse koloniale volksmoord in vandag se Namibië vrygestel. Die navorsing fokus op die voormalige konsentrasiekamp op Shark Island by Lüderitz, waar duisende Namas en Ovahereros gesterf het. Dit identifiseer nuwe potensiële massagrafterreine en onthul hoe planne deur die Namibiese regering om die hawe uit […]

Read More

Seuntjie, 5, gebrand na hy suiker steel

Daar word berig dat ‘n vyf-jarige seuntjie gebrand is nadat hy suiker by ‘n shebeen in die Omaku-nedersetting in die Omusati-streek gesteel het. ‘n Saak van poging tot moord is teen die 35-jarige verdagte gemaak en daar word verwag dat hy vandag nog in die hof sal verskyn. Volgens die mag se adjunk-kommissaris Moses Simaho […]

Read More

Kritici van Nandi-Ndaitwah is verkeerd, haar aanmerkings was reg

Die adjunk-president Netumbo Nandi-Ndaitwah kom onder skoot omdat sy tydens die gradeplegtigheid by Unam se Rundu-kampus ‘n beroep gedoen het dat ‘n fakulteit vir landbou daar geskep word. Sy is wyd gekritiseer vir die aanmerking maar, die adjunk-president is korrek – Unam se Rundu-kampus het geen fakulteit van landbou nie.

Read More

Agribank soek steeds N$10,6m by adjunk-minister

Agribank het vanoggend ‘n aansoek in die mosiehof teen die adjunk-minister van toerisme Tommy Nambahu. Die bank eis meer as 10,6 miljoen Namibiese dollar van Nambahu. Die saak sloer sedert 2018 en in 2019 het Nambahu skuld erken en ‘n skikkingooreenskoms onderteken wat op 8 Mei 2019 bekragtig is. Die bank moes hom in September […]

Read More

So lyk NIP se motors van N$11m

Die Namibië Instituut vir Patologie het 18 nuwe voertuie teen ‘n koste van net meer as 11 miljoen Namibiese dollar aangeskaf, wat gelykstaande is aan meer as 611 000 dollar per voertuig. Dit het gelei tot landwye betogings by NIP-terreine deur ontevrede werknemers wat beweer het dat elke topbestuurder brandstofkaarte ter waarde van 20 000 […]

Read More