Mpumalanga-tesourier van ANC geskors

Die ANC in Mpumalanga het sy tesourier, Mandla Msibi, vir drie jaar geskors weens wangedrag. Die ANC-sekretaris in die provinsie, Muzi Chirwa, sê die tugoptrede teen Msibi en twee medebeskuldigdes volg op pogings om die 8 Januarie-saamtrek in Mbombela te ontwrig waar president Cyril Ramaphosa die hoofspreker was.

Read More

Ghana draai ook teen LGBT-gemeenskap

Die presidentskandidaat van Ghana se regerende party, visepresident Mahamudu Bawumia, sê hy is gekant teen “die praktyk van homoseksualiteit”, ’n standpunt wat hy belowe om te handhaaf indien hy in Desember verkies word. Bawumia se vernaamste presidensiële mededinger, voormalige president John Dramani Mahama, het soortgelyke opmerkings in Januarie gemaak. Gay seks is reeds strafbaar met […]

Read More

Russe vernietig energie-infrastruktuur in Oekraïne

Russiese missiele en hommeltuie het ‘n groot elektrisiteitsaanleg naby Kiëf vernietig en kragfasiliteite in verskeie streke van die Oekraïne getref, terwyl Kiëf se lugverdediging min word. Die aanval het die Trypilska-steenkool-aangedrewe termiese kragsentrale naby die hoofstad heeltemal vernietig, volgens ‘n senior amptenaar by die maatskappy wat die fasiliteit bestuur. “Ons het lugverdediging en ander verdedigingsondersteuning […]

Read More

NDGA-fonds groei fluks, maar is dit volhoubaar?

Die Namibië Deposito-waarborgowerheid, NDGA, het sy vierde jaarverslag vir die finansiële jaar geëindig 31 Desember 2023 vrygestel. Die NDGA-fonds het ‘n versnelling in groei in vergelyking met die vorige jaar aangeteken. Lid-instellings se jaarlikse premies het altesaam 5 167 016 Namibiese dollar beloop, terwyl die markwaarde van die fonds op 23 050 504 dollar gestaan […]

Read More

Kom praat saam oor NDP6!

Die Khomas-streeksraad en Nasionale Ontwikkelingskommissie, NPC, is besig met streekskonsultasies oor die 6de nasionale ontwikkelingsplan om optimale openbare deelname met belanghebbendes en die inwoners van die Khomas-streek te verseker. Die konsultasies het ten doel om ‘n tweerigtingproses van dialoog tussen NPC en die belanghebbendes en die inwoners te skep, in die opstel van die ontwikkelingsagenda […]

Read More

Hammanskraal kry glo in September skoon water

Die water en sanitasie departement sê inwoners van Hammanskraal kan teen September skoon drinkwater in hulle krane verwag. Minister Senzo Mchunu het saam met die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, die Rooiwal-afvalwaterbehandelings-aanleg besoek. Inwoners maak op watertenkwaens staat sedert ‘n cholera-uitbreking, terwyl hulle reeds twee dekades lank met water-uitdagings sukkel. Mchunu verwag die Magalies-waterraad sal […]

Read More

OJ Simpson sterf aan kanker op 76

Die voormalige Amerikaanse voetbalster Orenthal James Simpson, oftewel OJ Simpson, is in die ouderdom van 76 oorlede na ‘n stryd teen kanker. Simpson, wat berug geword het toe hy in 1995 vrygespreek is op moordaanklagte, word ook onthou vir sy prestasie as ‘n atleet, en sy pogings as akteur. Ondanks sy kwytskelding het Simpson se […]

Read More

Opknappingsprojek vir Alte Feste skop af

Die onderwys, kuns en kultuur-ministerie het in vennootskap met die Namibia Craft Centre die Alte Feste-opknappings- en herbestemmingsprojek in Windhoek van stapel gestuur. Die projek word deur die Amerikaanse ambassade ondersteun deur sy Kulturele Bewaringsfonds, wat ‘n skenking van sowat 4,7 miljoen Namibiese dollar gemaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet Steenkamp, die […]

Read More

Namibië-China handel groei 16,5%

Namibië se handel met China het toegeneem, met bilaterale handelsvolumes wat verlede jaar 24 miljard Namibiese dollar oorskry het. Dit verteenwoordig beduidende groei van 16,5 persent jaar-tot-jaar. Die Chargé d’affaires van die Chinese ambassade, Shen Jian, sê ekonomiese samewerking tussen die twee lande het verdiep, met verwysing na die hoogs komplementêre aard van hul ekonomieë. […]

Read More

Noord-Kaap boere verwelkom reën!

Boere in die Noord-Kaap het die broodnodige reën oor die provinsie verwelkom. Gedeeltes van die provinsie het die afgelope dekade ‘n uitmergelende droogte ondervind wat boere op hul knieë gedwing het. Die stortreën die afgelope veertien dae beteken egter dat die droogte se einde in sig is. Willem Symington van Agri SA sê hulle hoop […]

Read More