Mpumalanga-tesourier van ANC geskors

Die ANC in Mpumalanga het sy tesourier, Mandla Msibi, vir drie jaar geskors weens wangedrag. Die ANC-sekretaris in die provinsie, Muzi Chirwa, sê die tugoptrede teen Msibi en twee medebeskuldigdes volg op pogings om die 8 Januarie-saamtrek in Mbombela te ontwrig waar president Cyril Ramaphosa die hoofspreker was.