Opknappingsprojek vir Alte Feste skop af

Die onderwys, kuns en kultuur-ministerie het in vennootskap met die Namibia Craft Centre die Alte Feste-opknappings- en herbestemmingsprojek in Windhoek van stapel gestuur. Die projek word deur die Amerikaanse ambassade ondersteun deur sy Kulturele Bewaringsfonds, wat ‘n skenking van sowat 4,7 miljoen Namibiese dollar gemaak het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van die ministerie, wat sê dat die geborgde bedrag vir opknappings in die eerste fase van die projek sal gaan.