Kom praat saam oor NDP6!

Die Khomas-streeksraad en Nasionale Ontwikkelingskommissie, NPC, is besig met streekskonsultasies oor die 6de nasionale ontwikkelingsplan om optimale openbare deelname met belanghebbendes en die inwoners van die Khomas-streek te verseker. Die konsultasies het ten doel om ‘n tweerigtingproses van dialoog tussen NPC en die belanghebbendes en die inwoners te skep, in die opstel van die ontwikkelingsagenda vir die laaste fase van Visie 2030. Die konsultasies sal môre-oggend om half-nege by die Khomas-streekraad se hoofkantoor gehou word in die Kovambo Nujoma-saal in Pullmanstraat, Windhoek-Noord.