Noord-Kaap boere verwelkom reën!

Boere in die Noord-Kaap het die broodnodige reën oor die provinsie verwelkom. Gedeeltes van die provinsie het die afgelope dekade ‘n uitmergelende droogte ondervind wat boere op hul knieë gedwing het. Die stortreën die afgelope veertien dae beteken egter dat die droogte se einde in sig is. Willem Symington van Agri SA sê hulle hoop vir nog goeie opvolgreën.