Russe vernietig energie-infrastruktuur in Oekraïne

Russiese missiele en hommeltuie het ‘n groot elektrisiteitsaanleg naby Kiëf vernietig en kragfasiliteite in verskeie streke van die Oekraïne getref, terwyl Kiëf se lugverdediging min word. Die aanval het die Trypilska-steenkool-aangedrewe termiese kragsentrale naby die hoofstad heeltemal vernietig, volgens ‘n senior amptenaar by die maatskappy wat die fasiliteit bestuur. “Ons het lugverdediging en ander verdedigingsondersteuning nodig, nie toegemaakte oë en lang besprekings nie,” het president Volodymyr Zelenskiy op Telegram gesê en die aanvalle as “terreur” veroordeel. Die Russiese verdediging-ministerie sê dat hy brandstof- en energiefasiliteite in die Oekraïne getref het in wat hy beskryf het as ‘n massiewe vergeldingsaanval met hommeltuie en hoë-presisie, langafstandwapens uit die lug en see.