Thai polisie skiet dwelmsmokkelaars dood

Thai-soldate het 15 vermeende dwelmsmokkelaars in ‘n afgeleë noordelike distrik naby die Mianmar-grens doodgeskiet. Die skermutseling Saterdagaand het in die Chiang Rai-provinsie se Mae Fah Luang-distrik, naby die “Goue Driehoek” plaasgevind waar Thailand, Mianmar en Laos grense deel. Die gebied is lank reeds ‘n brandpunt vir smokkelaars. Die beamptes het na die skietgeveg 17 sakke […]

Read More

‘Dis nie net Katutura-hospitaal wat haglik is nie’

Reaksie is ontvang van die Landless People’s Movement-party oor die toestand van die Katutura hospitaal. Die opgeknapte Katutura Intermediêre Noodsorgeenheid, wat teen ‘n koste van 12,6 miljoen Namibiese dollar voltooi is, is reeds bekend gestel, maar volgens Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers is daar in die res van die hospitaal geen vordering te […]

Read More

uMkhonto we Sizwe sê Zuma is oneerlik

uMkhonto we Sizwe sê oudpresident Jacob Zuma weet dit wat hy doen is die toppunt van oneerlikheid en uiterste opportunisme. Dan Hatto van uMkhonto we Sizwe sê Zuma se verwysing na die keuse tussen die aanvaarding van die MK Manifes of om daarvoor te veg, is totaal buite konteks:

Read More

Nog 61 migrante verdrink by Libië

Een-en-sestig migrante, insluitend vroue en kinders, het verdrink aan die Libiese kus. Die Internasionale Organisasie vir Migrasie sê oorlewendes sê die boot, met ongeveer 86 mense, het die Libiese stad Zwara, sowat 110 kilometer van die hoofstad, Tripoli, verlaat. Dodelike voorvalle vanjaar het een in Junie ingesluit, toe ‘n vissersboot vol honderde migrante langs Griekeland gesink […]

Read More

Druk op Israel neem toe

Israel kom uit internasionale oorde toenemend onder druk oor stygende sterftes onder burgerlikes en die vernietiging van hospitale in Gaza terwyl sy oorlog teen Hamas in die Palestynse gebied voortduur. Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad stem vandag oor ʼn nuwe resolusie wat ʼn dringende en volhoubare staking van vyandighede in Gaza bepleit. Die dodelike Gaza-oorlog […]

Read More

NEFF-optog: SPYL sê jeug moenie as politieke voetstukke gebruik word nie

Die Namibia Economic Freedom Fighters, NEFF, het Swapo genooi om saam met hulle op 21 Maart volgende jaar te betoog teen jeug-werkloosheid in die land. NEFF het reeds vir Nampol kennis gegee van die beoogde betoging wat vir 21 Maart volgende jaar geskeduleer is. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris van Swapo se Jeugliga, […]

Read More

Xinfeng sal ook litium verwerk

Die Chinese mynmaatskappy Xinfeng Investments gaan 600 miljoen Namibiese dollar belê in die bou van ‘n moderne litiumverwerkingsaanleg wat geskeduleer is om vroeg in 2024 bedrywighede te begin. Volgens plaaslike berigte sê die maatskappy hy verstaan die posisie van die Namibiese regering. Xinfeng het volgens The Brief reeds ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die projek verkry. Die […]

Read More

MTC se aanlynstelsel vir registrasie is beskikbaar

Die aanlynstelsel vir MTC-kliënte om hulle SIM-kaarte te registreer is beskikbaar. Die stelsel is nou en dan oorlaai en dan is toegang nie moontlik nie maar, die maatskappy vra sy kliënte om geduldig te wees. Die sperdatum van 31 Desember vir registrasie sal nie uitgestel word nie. Die stelsel is beperk tot slimfone en tablette […]

Read More

Weggooi-babas word deur honger, asdrom-krappers gevind

Die oorskot van babas wat gestort word, word gereeld gevind deur lede van die publiek wat in asdromme krap vir kos. Die uitdagings op maatskaplike vlak blyk om te vererger met armoede wat toeneem, bedelaars wat toeneem, en al hoe meer gru-voorvalle wat deur die Namibiese polisie aangemeld word. Kosmos 94.1 Nuus het met deurwinterde […]

Read More

Matthew Perry is dood as gevolg van ketamien

Die Friends-ster Matthew Perry het gesterf van die “akute effekte” van die magtige kalmeermiddel ketamien wat, gekombineer met ander faktore, veroorsaak het dat die akteur sy bewussyn verloor en in sy borrelbad verdrink het. Die uitslag kom sewe weke na die 54-jarige akteur dood aangetref is. Die vlak van ketamien was so hoog dat dit […]

Read More